Hoof Finansiële Beampte (CFO) / Chief Financial Officer

Full Time 2 weeks ago Gauteng, South Africa

Employment Information

Sleutelverantwoordelikhede

  • Ontwikkel en implementeer die maatskappy se finansiële strategie in lyn met die algemene besigheidsdoelwitte.
  • Lei die finansiële afdeling en verseker doeltreffende bestuur van alle finansiële funksies.
  • Toesig hou oor finansiële verslagdoening, bestuursrekeninge, begrotings, kontantvloei en vooruitskattings.
  • Verskaf akkurate en tydige finansiële inligting aan die uitvoerende span en direksie.
  • Ondersteun strategiese en operasionele besluitneming deur finansiële analise en insigte.
  • Verseker voldoening aan toepaslike wetgewing, belastingvereistes, ouditvereistes en interne beheermaatreëls.
  • Bestuur finansiële risiko’s en identifiseer geleenthede vir verbeterde winsgewendheid en kostebeheer.
  • Bou en handhaaf sterk verhoudings met eksterne rolspelers soos ouditeure, banke en regulators.
  • Dryf finansiële bestuurstandaarde en prestasieverbetering regdeur die organisasie.

Minimum vereistes

  • Minimum 5 jaar toepaslike finansiële ervaring.
  • Ten minste 2 jaar ervaring in ’n Finansiële Bestuurder-pos.
  • Relevante tersiêre kwalifikasie in Finansies, Rekeningkunde of soortgelyke rigting.
  • CA(SA) sal sterk voorkeur geniet.
  • Professional Accountant (SA) of AGA(SA) sal ook oorweeg word.
  • Bewese ervaring in:
    • Finansiële verslagdoening
    • Bestuursinligting en analise
    • Besluitneming op strategiese vlak
    • Spanbestuur en leierskap
  • Sterk begrip van finansiële beheer, nakoming en korporatiewe bestuur.
  • Afrikaanssprekend met goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels.

Gewenste eienskappe

  • Strategiese denker met sterk kommersiële insig.
  • Hoë vlak van akkuraatheid en aandag aan detail.
  • Vermoë om onder druk te werk en komplekse finansiële omgewings te bestuur.
  • Selfversekerde en professionele kommunikeerder.
  • Resultaatgedrewe met uitstekende probleemoplossingsvermoë.

Wat die maatskappy bied

  • Mededingende vergoedingspakket van tot R2 600 000 per jaar.
  • Geleentheid om deel te wees van ’n dinamiese telekommunikasiemaatskappy.
  • Senior leierskapsrol met strategiese invloed.
  • Professionele en prestasiegedrewe werksomgewing.
Wakanda Jobs - Find All Jobs

New Things Will Always
Update Regularly

Wakanda Jobs - Find All Jobs
Your experience on this site will be improved by allowing cookies Cookie Policy